top of page

Fasiliteite

 

Huis Sterrie Marais en Huis Jan Pienaar beskik oor kamers wat tussen 1 en 4 kinders per kamer kan huisves. Daar is netjiese badkamers met bad-en stortgeriewe. Kinders ontvang elke dag drie gebalanseerde maaltye in die eetsaal, waar 'n huislike atmosfeer heers.

 

Fasiliteite soos 'n TV kamer, 'n sitkamer waar gaste ontvang kan word, 'n snoepie en groot speelgronde met lieflike grasperke dra by tot 'n omgewing waar kinders tot hulle volle potensiaal kan ontwikkel. Daar is ook in albei koshuise telefoonhokkies vir die gerief en veiligheid van die kinders.

 

Ontspanning

 

Soos by enige huis, is ontspanning ook belangrik. Die kinders kan in 'n rustige omgewing en veilig omheinde terrein buite speel. Huis Sterrie Marais en Huis Jan Pienaar bied gereelde koshuisfunksies aan met opwindende temas wat die kinders baie geniet. Sosiale geleenthede word gereeld vir die groter kinders gereël en hulle mag een keer per week dorp toe gaan. Daar word ook weekliks 'n peikniekdag op Woensdae gehou.

 

Hier voel ons almal tuis

 

Die geestelike, emosionele en fisiese versorging van kinders is vir ons 'n prioriteit.

  • 'n Matrone is 24-uur aan diens om na die behoeftes van die kinders om te sien.

  • Vaste studietye verseker dat die dissipline gekweek word om akademies te kan uitstyg.

  • 'n Koshuismamma gee spesiale aandag aan Graad 1- 3 leerdersa, veral met betrekking tot huiswerk, badtyd en slapenstyd.

  • Daar word elke aand vir die kinders uit die Bybel voorgelees.

  • Kinders ontvang elke dag kosblikbroodjies vir skool.

  • Gr 1 - 3 leerders word soggens en smiddae met bussies skool toe en terug vervoer.

  • Die veiligheid van die kinders is vir ons belangrik en daarom is daar ook gereeld kontrolering van leerders se aktiwiteite. Dit stel die koshuisouers in staat om te alle tye bewus te wees van die kinders se bewegings en aktiwiteite.

  • Kinders gaan elke naweek huis toe.

  • Die koshuis is oor naweke gesluit.

 

Kontak Besonderhede

 

Besoek www.hsda.co.za vir meer inligting

of skakel direk.

Koshuis: 053 631 2763

Hoërskool De Aar: 053 631 3691

 

KOSHUISE / BORDING HOUSE

JPS
JPS
JPS
JPS
JPS
JPS
JPS
JPS
JPS
JPS
bottom of page