Junior Primêre Skool
JPS - De Aar
Junior Primary School
JPS - De Aar
OMTRENT JUNIOR PRIMêRE SKOOL
ABOUT JUNIOR PRIMARY SCHOOL
Uit die Skoolhoof se pen
Wat 'n heerlike en uitdagende voorreg is dit nie om die skoolhoof van JPS te wees.
Ons is 'n skool wat streef na uitnemendheid en balans om elke leerling in sy/haar geheel te ontwikkel en die nodige fondamente te lê vir 'n suksesvolle toekoms.
Ons leuse is "Groei nou" en daarom glo ons dat JPS is die plek waar saadjies vir groot dromegeplant word. Ons moedig die kleintjies aan omvan kleins af groot te dink en te droom. Daarom skep ons soveel geleenthede as moontlik op akademiese, sport en kultuurgebeide.
Ons wil graag hê dat elke leerling gelukkig moet wees, daarom skep ons 'n atmofeer waar leer pret is. Elke leerling kry die geleentheid om hom/haar op verskillende maniere en gebiede uit te leef.
Ons skool het 'n Christelike grondslag en vanjaar word aan waardes soos RESPEK, HARDWERKENDHEID, EERLIKHEID, NETHEID, GEHOORSAAMHEID en HOFLIKHEID gewerk. Hierdie waardes word op kindervriendelike maniere vasgelê.
By JPS is elke kind vir ons baie belangrik, daaromglo ons aan die noue samewerking tussen die skool en ouers. Ons roem op goeie kommunikasie en eerlike terugvoering. Die verenigde krag van die gesin en die skool skep die ideale omstandighede vir suksesvolle onderrig.
Ons beskik oor hoogs opgeleide, talentvolle en hardwerkende onderwyseresse wat toegewyd, ervare en konsekwent is. Hulle is verbind tot kwaliteit onderrig en dit geskied in Engels of Afrikaans.
Die veiligheid van ons leerlinge is baie hoog op ons prioriteitslys. Alle hekke word bedags gesluit, die skool het 'n stewige duiwelsvurkheining en die voordeur werk met 'n sluit meganisme. Ons terrein is veilig en kindervriendelik. Elke oggend en pouse is daar personeel op die terrein.
Ons glo dat elke kind 'n blom is wat groei in die tuin van die lewe. Met die wenresep doen JPS gewis sy leuse gestand. Die kinders se verstand is die tuin, die onderwysers is die tuinier en alle inligting die saadjies. Elkeen is spesiaal, mooi, uniek en moet liefde kry.
Ek is trots om deel te wees van JPS
Hester van Jaarsveld
Skoollied
Waar ons woon in die hart van Karooland
Op 'n kruispad waar vreemdes ontmoet
Staan Junior Primêr onse spogskool
Vir ons is sy wys, is sy goed.
KOOR:
Goed is die kleur van ons wapen
"Groei" is ons leuse se naam.
Glimlaggend beur ons na more
Alleen? Nooit nie! Altyd te saam.
Ja, by haar voel ons veilig, gelukkig
word ons harte en hande geleer
Om altyd te reik na die hoogtes
tot ons skool en ons Skepper se eer.
Ons Geskiedenis / Our History
Daar was voor 1990 twee Voorbereidingskole nl. Marthinus Postma en De Aar Noord (Die blou en rooi skool). In 1990 het die Junior Primêre Skool van De Aar begin. Mnr. Gerhard Olivier was die hoof, toe Mnr. Danie Janse van Rensburg en toe Mev. Winnie Moolman.
Ons huidige hoof is Mev. Hester van Jaarsveld.
Ons Leuse / Ons Motto
Die skool se leuse is
GROEI NOU / GROW NOW,
want ons is besig met die vormingsjare van ons kinders.
Die ou gesegde: Buig die boompie terwyl hy/sy nog jonk is.