Junior Primêre Skool
JPS - De Aar
Junior Primary School
JPS - De Aar
VISIE & MISSIE /
MISSION & CODE OF CONDUCT
Visie:
Die visie van Junior Primêre Skool, De Aar is om op 'n voortreflike wyse leerlinge te onderrig, op te voed en met Christelike waardes toe te rus, sodat hulle uiteindelik eendag as gebalanseerde volwassenes 'n menswaardige bestaan in die samelewing kan voer.
Missie:
Die bereiking van hierdie visie sal nagestreef word deur middel van die:
-
Aanstelling en ontwikkeling van goed opgeleide en gekwalifiseerde opvoeders
-
Skep van kulturele- en sportprogramme en die aanmoediging tot massadeelname
-
Daarstelling, handhawing en verdere uitbouing van 'n hoë akademiese standaard deur uitvoering aan die kultuur van leer, onderrig en diensprogram te gee
-
Volgehoue doeltreffende, koste-effektiewe en opvoedkundig verantwoordbare bestuur deur die Beheerliggaam en Onderwyskundige bestuurder
-
Bewusmaking van ouers en die gemeenskap om hulle verantwoordelikheid en betrokkenheid in die opvoedingsproses en teenoor die skool na te kom
-
Aanbieding van 'n goed en weldeurdagte lewensoriënteringsprogram
-
Koestering en uitbouing van 'n eie Christelike etos, beeld en skooltrots
-
Daarstelling, instandhouding en ontwikkeling van die nodige funksionelefisiese hulpbronne
-
Benutting en uitbouing van 'n entoesiastiese, deelnemende en ondersteunende leerderkorps
Gedragskode:
-
Christelike beginsels wat beoog om 'n veilige en beskutte omgewing daar te stel
-
Gedissiplineerde gedrag wat noodsaaklik is vir die voortbestaan van die skool
-
Hoë akademiese standaarde wat gehandhaaf sal word
-
'n Harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat geskep word
-
Die gedragskode se doelwit is om 'n klimaat van wedersydse respek, selfdissipline en verantwoordelike gedrag te bevorder
-
Die gedragskode onderskryf die volgende basiese regte:
-
Die regte van leerders om in 'n beskutte, nie-dreigende omgewing te leer
-
Die regte van onderwysers om te onderrig en 'n ordelike leeromgewing in stand te hou
-
-
Die gedragskode is ondergeskik aan alle relevante provinsiale en nasionale wette
Code of conduct:
-
Christian guidelines that have as a goal a safe and secure environment for our learners
-
Discipline and behavior, essential for the existence of the school
-
A high academically standard will be of utmost importance
-
To create a harmonious and stimulating learning environment
-
The Code of Conduct has as its goal to establish a climate of general respect, self-discipline and responsible behavior at all times
-
The following basic rights are upheld by the Code of Conduct:
-
The right of a learner to be able to learn in a safe, non-violent environment
-
The right of an educator to be able to educate and uphold an orderly learning environment
-
-
The Code of Conduct is sub-ordinate to all relevant provincial and national laws