Junior Primêre Skool
JPS - De Aar
Junior Primary School
JPS - De Aar
AKADEMIE / ACADEMIC
JPS
JPS
JPS
Hoë skool standaarde /
High School standards
-
In JPS word kwaliteit onderrig aangebied vir leerlinge van Gr. R - 3. Die personeel is almal ten volle opgelei en gekwalifiseer.
-
Beheerliggaamsaanstellings bring mee dat leerling getalle in elke klasgroep relatief laag is. Meer individuele aandag kan aan leerlinge gegee word.
-
JPS beskik oor 'n volledige, toegeruste rekenaarlokaal waar alle leerlinge deur 'n addisionele rekenaar opgeleide persoon onderrig ontvang.
-
Die skool het goeie kontak met die skoolkliniek wat 'n waardevolle funksie verrig vir die skole van De Aar.
-
JPS beskik oor vier afsonderlike Gr. R, 1, 2 & 3 Engels medium klasse wat jaarliks in leerlingtal groei.
-
Intervensie word gedoen in gevalle waar leerlinge skolastiese uitvalle toon. Dit word gemoniteer en verslaghouding is vertroulik.
-
Classrooms are fully equiped with learning materials, interesting things and air conditioner for hot and cold days.
-
The school is also equiped with a fully stocked book room where from the learners freely receive textbooks and writing books.
-
A media room offers a wide variety of devices to all teachers.
-
Leerlinggetalle het sodanig gegroei, dat die Departement tydelik 'n addisionele personeellid vir die skool vir twee agtereenvolgende jare bewillig het.
-
Goeie kontak en verhoudinge met die Departements-kantore hou die personeel op hoogte van die nuutste onderwysmetodes.
-
'n Dissipline-stelsel wat gerig is op belong, eerder as straf, is geimplementeer, en motiveer leerders om ten goede te ontwikkel.
-
Leerders word alreeds in Gr. R in onderrigtaal van keuse, hetsy Engels of Afrikaans onderrig.
-
Lees word bevorder deur beloningstelsel en pryse.
Rekenaarlokaal / Computers
JPS beskik oor 'n rekenaarklas. Elke graad kry 2 keer in die week onderrig in rekenaars. Juffrou Retha sorg dat elke leerling in die skool rekenaar slim word.
Graad R leerlinge speel opvoedkundige speletjies bv. kleure en bou legkaarte.
Graad 1 leerlinge leer waar die letters van die alfabet is. Hulle leer van Autoshape, Wordart en Clipart. Hulle leer ook wat is Wordpad en Notepad.
Graad 2 leerlinge leer van die program Powerpoint.
Graad 3 leerlinge leer die program Word. Leer hoe om bv. te Copy, Paste, woorde grooter te maak, skrif te verander, woorde te kleur en tabelle te maak.
Kinders moet van jongs af rekenaarvaardig word.
Graad R / Grade R
The persons working in Grade R all have the necessary qualifications to teach pre-schoolers. Both the teachers are qualified in ECD and has a Diploma in Grade R teaching.
The Grade R section of JPS the pre-schoolers receives education in all areas. Attention is given to the emosional, phisical and intellectual side of each learner. Learners also gets enough time for inside and outside play.
Learners are given the oppertunity to listen to speakers and to go on outings, if the weekly theme contributes to it.
Daar is te alle tye noue skakeling met die Departement van Onderwys, aangesien personeel JPS se Graad R afdeling sterk daaraan glo dat kleuters volgens Departementele standaarde op die korrekte vlak voordereid moet wees, om aan die veeleisende program van Graad 1 te kan voldoen. JPS se Graad R afdeling woon om daardie rede dan gereeld alle kursusse wat deur die Departement van Onderwys aangebied word, by. So bly hul op hoogte van die veranderinge op die onderwysgebied. Hulle ontvang ook gereeld besoeke vanaf die Departement.
Wat die Graad R afdeling van JPS so besonders maak is die geborgendheid van hulle kleuters. By JPS word werklik gepoog om by die kleuters selfvertroue en 'n goeieselfbeeld aan te kweek.
Aangesien hulle gedurende die verloop van die jaar vertroud raak met die skoolopset, skoolterrein en alreeds met die onderwyseresse kennis maak, is die oorgang na meer formele onderrig, in Graad 1, soveel minder traumaties en vreemd.
Daar is ook deurlopende skakeling tussen Graad R en Graad 1 onderwysers om die oorgang glad te laat verloop. Werk wat in Graad 1 gedoen word, word alreeds in Graad R aan kleuters bekend gestel, sodat hulle daarmee vertroud kan wees. Dieselfde leesreeks as wat in die res van die skool gerbuik word in Afrikaans en Engels, word met die kleuters behandel, om die aanleer van klanke vir hulle te vergemaklik.
This all contributes to making school for these little ones a pleasant and exciting experience!!!