top of page

NUUS & GEBEURE

NEWS & EVENTS

JPS
JPS
JPS
Gamesday

 

A games day is held quarterly at JPS. Each quarter a different Grade hosts it. A games day is a wonderful occasion full of fun, games, delicious things to eat and exciting things to do.

 

The games day is a fund raising project; the funds are raised so as to help keep our school fees as low as possible.

 

Parents, grandparents and all family members are encouraged to come and enjoy the day with their children and staff members.

 

This day gives our staff the oppertunity to get to know the children on a different level, not just an academic and sport level. Children are able to socialise and get to know children from other classes and grades.

Karoofees
www.karoofees.org

 

Die 1ste Karoofees was in 2009. Sedertdien is dit 'n jaarlikse instelling by Hoë

rskool De Aar. Enige iets van sport aktiwiteite tot groot name op die verhoog, alles wat gepaard gaan met 'n fees. Kos, biertent, stalletjies en sommer nog vele meer.

 

Jps is natuurlik ook ingeskakel op sy eie manier. Daar is 'n vlot kompetisie en in 2013 het ons 1ste gekom en die "Windpomp" trofee gewen. 2014 het ons 3de plek gewen.

 

Om die optog van die vlotte te ondersteun, stap ons as skool om na die parkie, waar ons dan met die heining af staan en die optog toejuig en JPS se naam luidkeels uitskree, dat almal moet weet, ons is ook daar!!

 

Ons Vat-Vyf-Koor tree ook op voor die feesgangers en vermaak hulle met hul bekoorlike stemme en danspassies.

 

Gaan kyk gerus na die skakel hierbo om verdere inligting van die fees te kry en sodoende uself voor te berei vir die volgende geleentheid

JPS
JPS
JPS
JPS
JPS
Karoo Eisteddfod

www.facebook.com/karooeisteddfod

 

Na jare van geen Eisteddfod-geleenthede in ons dorp, het die idee by 'n groep ouers ontstaan en onder leiding van Mev. Katie du Toit is 'n reuse poging in 2013 aangewend om so iets weer van die grond af te kry. Daar was beslis 'n behoefte aan sulke aktiwiteite, want die entoesiasme waarmee die kinders en onderwysers deelgeneem het, was verstommend!

 

Alle leerders van Graad R - 12 kon deelneem en daar was ook verskeie kategorieë waarvoor hulle kon inskryf. Elke deelnemer is as 'n wenner beskou en elkeen het 'n sertifikaat ontvang. 'n Gala-aand is gehou waartydens leerders se kunswerke uitgestal is, van dié uitstaande leerders opgetree het, die deelnemers se sertifikate oorhandig is en almal, selfs die onderwysers, se harde en volgehoue werk, beloon is!Dit was 'n baie suksesvolle poging en 'n groot aantal leerders van skole in De Aar en in ons streek, het deelgeneem.

 

Ons skool se leerders en onderwysers het ook met groot ywer en entoesiasme weggespring om almal gereed te kry vir die kompitiesie. Baie van os skool se kinders het meegeding en van hulle het  die hoogste persentasies behaal.Hulle het in 4 kategorieë deelgeneem, nl. die voordrag van gedigte en/prosa, onvoorbereide lees, kreatiewe skryfkuns en kuns.

 

Ons is baie trots op al ons leerders wat deelgeneem het. Dit verg baie moed en hulle het met baie selvertroue hulself uitstekend van hul taak gekwyt!

 

Die Karoo Eisteddfod is nou 'n permanente instelling en moedig ons, ons leerders aan om weer deel te neem en sodoende daai versteekte talente te wys.

Babbelbekkie

 

In 1998 het Mev Inette Venter in samewerking

met die personeel van JPS hierdie breinbaba

voorgestel aan die Beheerraad en toestemming

verkry om met die skoolkoerant, Die

Babbelbekkie, te begin. Die idée aanvanklik

was 'n blad wat met kinderwerke kon spog,

maar gou het dit in 'n volwaardige "tydskrif"

ontwikkel.

 

Die tydskrif was tweetalig en het bestaan uit

relevante artikels en aktiwiteite vir kinders,

sowel as volwassenes. Die tydskrif het elke

kwartaal, dus 4 keer per jaar verskyn. Vandag

16 jaar later,  bestaan die babbelbekie steeds.

 

Deur die jare is al baie aanpassings en

veranderinge gemaak. Die artikels het verbeter

en vandag spog ons skool met 'n volwaardige

skoolkoerant.

 

Die sukses van so 'n projek word meestal bepaal deur die mense wat daaraan of daarvoor werk. Die redakteur van die tydskrif en die personeel van ons skool lewer 'n reuse bydrae om hierdie sukses te verseker. Mev Inette Venter was jare die redakteur en is deur Mevv Annemi Bergh en Charmaine Maske, om die beurt, vervang/aangestel.

 

Die hele konsep is ontwikkel en aangepas, dat ouers en besighede as donateurs en borge kan optree. Daar is selfs ruimte gemaak vir advertensies en met elke uitgawe verskyn daar soms tot tien.

 

Ons leserstal het deur die jare ook baie toegeneem en ons druk met elke uitgawe tot 200 tydskrifte, d.w.s. ons tydskrifte word byna deur twee derdes van die gesinne in ons skool aangekoop en gelees. Die 58ste uitgawe van ons skoolkoerant het in die 1ste kwartaal van 2014 verskyn. Ons is trots op die Babbelbekkie en glo dit sal van krag tot krag groei!

JPS
Spices

 

J.P.S het elke jaar in die tweede kwartaal 'n spesery projek. Die produkte wat verkoop word is, Senor Chef kruie en speserye en Ina Paarman se souse en koekmengsels.

 

Elke leerling kry vyf vorms met produkte op wat verkoop kan word. Elke leerling moet probeer om al vyf vorms in te vul om sy mikpunt van R150 te kan behaal. Enige persoon kan by hom/haar koop.

 

Groot pryse kan gewen word , bv. 'n fiets, DVD-speler, kamera, selfoon en kontant. Daar is ook prystrekkings en elke dag vir twee weke kan die leerling wat die meeste geld die dag inbring, ‘n lekker verrassingspakkie wen. Die klas wat die meeste geld inbring, kan in skooltyd gaan uiteet.

 

Vrywillige ouers help om die geld te tel en kyk dat elke vorm korrek ingevul is. Alle vorms word op die rekenaar verwerk. Wanneer die produkte kom, word elkeen wat gekoop het se pakkie opgemaak.

 

Dit is 'n baie groot vondsinsameling projek vir die skool en maak ons staat op almal om ons te ondersteun.

Lenteloop

 

Dis heerlike lente, die winter is verby..... So sing elke kind hierdie liedjie al van kindsbeen af. JPS se leerlinge het elke jaar, rondom die 1ste September, 'n hele uittog wanneer hulle Lenteloop vier.

 

Elke onderwyser samel heer leerlinge se geld in waarvoor hulle 'n stokkielekker, pakkie skyfies en 'n sappie ontvang. Almal kom met gewone klere en gemaklike skoene skool toe en tasse word by die huis gelos. Elkeen bring ook 'n rugsakkie of piekniekmandjie, met ekstra verversings in saam. Mamma en pappa is natuurlik ook welkom om saam te stap.

 

Eindelik breek die groot dag aan en almal kom voor die skool bymekaar om na die parkie in Leosingel te stap. Ons voel nogal belangrik, want die verkeerspolisie begelei ons. Vrolike kinderstemmetjies weerklink deur die lug soos wat die leerlinge deur die veld beweeg.

 

By die parkie aangekom, word piekniekkomberse oopgeprei en al die heerlike eetgoed uitgepak. Daar is ook 'n snoepietafel met die heerlikste koek en lekkers daarop. Gou-gouword interessante speletjies gespeel, wat deur party entoesiastiese paapas georganiseer word. Die leerlinge is selfs eenjaar vermaak deur 'n interessante vertoning van die Polisie se honde-afdeling.

 

Moeg, maar tevrede, word die terugtog skool toe aangepak. Elkeen het die uitstappie in die buitelug baie geniet en kan nie wag vir die volgende Lenteloop nie.

JPS
JPS
JPS
Valentinesday, Mothersday, Fathersday

 

Those 3 days are all celebrated in JPS as small fundraising events.

 

We really try to make Valentines Day spesial for all our pupils. They may wear casual clothes and we sell nice gifts of love on that day. Many photos are taken and we celebrate it as a day filled with fun and love.

 

Mothers Day and Fathers Day are both occasions to thank the parents for everything they do for us. This takes up a lot of planning. The school decides on affordable, but also tasteful gifts. Pupils may order and pay for them. They receive the gifts on the Friday before the specific day.

 

We encourage pupils to spoil their parents on those special days.

JPS
bottom of page