Junior Primêre Skool
JPS - De Aar
Junior Primary School
JPS - De Aar
STUDENTE LEWE / STUDENT LIFE
Atletiek
JPS se atletiek vind in die 1ste kwartaal plaas. Ons hou 'n groot Kleure Atletiek byeenkoms. Die hele skool word in 2 spanne gedeel: Die Groen en die Geel span. Alle leerlinge neem deel aan die atletiekseisoen aan die begin van die jaar, en om dit reg te kry, ruim ons in skooldag tyd in om te oefen. Tydens ons groot atletiekbyeenkoms is dit ook die gebruik dat die ouers en die hele gesin, kom uitkamp vir die aand langs die atletiekbaan, waar hulle die atlete kan aanmoedig en gelukwens.
Van O/6 tot O/9 neem deel. O/6 en O/7 hardloop net een item, die 60m. O/8, O/9 en O/10 neem deel in 60m en 80m.
Die beste 2 seuns en 2 dogters in elke ouderdomsgroep van elke item word dan gekies om verder te gaan deelneem in die Emthanjeni streeks byeenkoms.
Die Emthanjeni uitdunne is 'n spog geleentheid vir JPS se altlete, meer as die helfte van hulle stap weg met 'n 1ste, 2de of 3de plek. Die byeenkoms word gehou sodat 'n distrik span en dan later 'n provinsiale span gekies kan word. Ongelukkig neem JPS nie verder deel in die byeenkoms nie, omdat O/6 tot O/9 nie kompiteer op distrik of provinsiale vlak nie.
Music
Rugby
Rugby is ons skool se winter sport vir die seuns waarin hulle sterk kompiteer. Rugby is 'n hoogtepunt van die jaar vir die skool en die seuns wat daarin deelneem.
Ons begin die seisoen deur 'n lekker oefen kliniek aan te bied met gaste (afrigters) wat deel is van die Griekwas en vir die provinsie self speel of gespeel het. Die oefen kliniek mik op die volgende paar basiese en grondslagpunte van die spel:
-
Veiligheid in die spel
-
Bal vaardighede
-
Voet vaardighede
-
Behendigheid (Agility)
-
Rugby reëls
Ons het ook die volgende ouderdomsgroepe:
-
O/7 - Graad 1 - 10 man
-
O/9 - Graad 2 & 3 - 15 man
Die O/9 span is O/8 en O/9 gemeng. In party gevalle wanneer 'n ander skool daarop aandring om net 'n O/8 - 10 man spannetjie teen mekaar te laat speel, is ons dinamies genoeg om dit so te kan doen.
JPS speel jaarliks teen die volgende skole rugby:
-
Hopetown
-
Douglas
-
Prieska
-
Middelburg
-
Burgersdorp
-
Cradock
-
en nog baie ander skole wanneer ons in 'n sportdag deel neem.
Elke jaar werk ons hard op die oefen veld, met al die seuns en hul wonderlike talente streef ons daarna om ons beste te doen. Elke ou in die span is 'n individuele ster, maar saam maak ons die "Milky Way". JPS se rugby motto is:
"AS ONS WIL SPEEL SOOS WENNERS,
MOET ONS OEFEN SOOS WENNERS!!"
Krieket
Krieket is 'n sport vir seuns sowel as dogters, as daar genoeg belangstelling is. JPS krieket begin in die 3de kwartaal. Die mini-krieket spanne bestaan uit 8 spelers per span.
Die ouderdomsgroepe vir die krieket is as volg:
-
O/7 - Graad 1
-
O/9 - Graad 2 & 3
Weereens het ons kinders baie talente en is daar goeie deelname in krieket net soos in die rugby. Daar is gewoonlik twee O/7 spanne en die O/9 spanne maak twee goeie spanne vol en partykeer tot 'n 3de span.
JPS se krieket speel teen die volgende skole:
-
Hopetown
-
Prieksa
-
Douglas
-
Middelburg
-
Burgersdorp
-
en ook ander skole wanneer 'n mini-krieket dag gehou word, bv die KFC mini-krieket dag by Union Graaff-Reinet of die mini-krieket dag by Hopetown.
Tennis
Woensdae is dit tyd vir tennis. Ons kom by die Hoërskool tennisbane bymekaar vir ons weeklikse oefening om 16:00 tot 16:45. Ons het 4 bane waar die kinders kan oefen. Op die 1ste baan is waar die beginners leer hoe om die raket vas te hou en balvaardighede aanleer. Die ander 3 bane word gebruik vir die meer ervare leerders om teenmekaar te speel.
Ons is baie spelers. Daar is groot groepe seuns en dogters wat gereeld kom speel. 'n Groep minder bevoorregte leerlinge speel ook nou tennis. Saam met die groep is daar 'n groot groep wat proffesionele afrigting ontvang deur 3 afrigters.
Ons leerlinge het baie talente en dring gereeld deur na die Pixley Ka Sema proewe, waar hulle goed vaar.
Hokkie
Die hokkie het in 2011 by JPS begin. Dit is 'n winter sport wat saam met rugby en netbal gespeel word. In 2013 het hulle vir die 1ste keer teen Burgersdorp gespeel asook Graaff-Reinet. Hoewel dit nog in die groeiende stadium is, toon die leerlinge baie belangstelling en word die oefeninge stiptelik en gereel bygewoon.
Met tyd sal daar ook 'n kliniek aangebied word soos met die netbal en die rugby. Ons moedig alle dogters aan om na die hokkie oefeninge te kom, al het hulle nie 'n hokkie stok of bal nie, want die skool het ekstra hokkie stokke en balle om aan die dogtertjies te leen wat nie het nie.
Netbal
Ons is trots om u meer te vertel van die sportsoort in ons skool. In 2009 kon ons nie vreeslik vertel van ons sukses in netbal nie, maar toe het ons, jong gewillige afrigters die kans aangegryp om by die beste te leer. Ons het vir mev. Patrys van der Merwe genader deur mev. Marie Visser om ons te kom help met ons netbal.Patrys van der Merwe is ‘n oud Protea speelster en ook ‘n briljante afrigter wat landswyd kursusse aanbied.Ons woon nou jaarliks ‘n kursus by saam met ons leerders en die afgelope vier jaar bereik ons sukses in netbal.
Die 0/7 meisies speel so vier na vyf wedstryde ‘n seisoen. Hulle wen ‘n gemiddeld van 3 wedstryde en ons is vreeslik trots op hulle.Die 0/8 meisie is meer kompeterend en die B-span speel tussen 4 en 6 wedstryde ‘n seisoen. Dit is nog ‘n gelyk op stryd van wen en verloor. Die A span speel op na 10 wedstryde ‘n jaar en wen 8 uit die 10 wedstryde.Die 0/9B meisies speel op na 10 wedstryde in ‘n seisoen. Hulle wen ‘n gemiddeld van 4 wedstryde. Dit is ‘n groot prestasie, want baie van die spanne waarteen hulle speel is A spanne. Dan kom ons by die room van die skool, die 0/9A span. Die meisies speel op na 15 wedstryde ‘n jaar en wen gemiddeld 13 van die wedstryde.
Ons hoop om u kind ook by die netbal te sien. Hou gerus ons dop op faceboek waar ons u op hoogte sal hou deur die seisoen.
Koor
Die Vat-Vyf koor het in 1994 begin, toe dit verander het na 'n bewegingskoor met aksies en bewegings saam met die sang.
Toe het die koor ook meer optredes begin kry in die gemeenskap van De Aar en omgewing. Tydens die S.A. School's Eisstedfodd het hulle in die Distiks- en Streeksuitdunne 'n 1ste plek met 80% behaal.
We have 52 pupils actively participating in our choir and the choir has its own uniform bank. The choir acts as ambassadors for our school and perform free of charge in our community!
Skolierpatrollie
Ons skolierpatrollie is maar net nog 'n bekende gesig waarsonder geen skool kan klaar kom nie. Hulle is daar om ons kinders veilig oor die pad te help en seker te maak dat daar orde om die skool plaasvind.
Saam met die skolierpatrollie is ook altyd 'n onderwyser aan diens om toe te sien dat die reg gehandhaaf word aangaande ons kinders se veiligheid. Hulle ontvang gereeld opleiding van die Verkeersdepartement af en bly dus sodoende op hoogte van al die moets en moenies omtrent die oorgang!!!
Ons is baie dankbaar dat kinders reeds van kleins af reg geleer word en dat hulle weet wat dit is om reëls na te kom en ook self verantwoording te aanvaar, soos om patrollie te staan.